Waarmee Begin ek?
Ek het hierdie vraag per epos ontvang en aangesien ek so baie tyd spandeer om vrae te beantwoord het ek besluit om die antwoorde sommer nuttig te gebruik. Julle is welkom om kommentaar op my antwoord te lewer, ek gee nie om vir kritiek nie, mense kan net leer uit ander se kritiek.
Vraag:
Jy gebruik onder andere die volgende income streams:
Network marketing, Adsense, Affiliate marketing, Shares,Eiendom
Wat van Kruger rand, gold coins ens?
Wat sou jy sê is die mees suksesvolste om mee eerste te begin?
Antwoord:
Hallo Jaco
As jy geld het wat jy vir niks anders kan gebruik sou ek sê is Krugerrande goed.
My probleem is dat dit nie vir my ‘n inkomste inbring terwyl dit daar lê nie en as jy dit by die huis stoor is
daar altyd die risiko dat dit gesteel kan raak. As jy dit by ‘ ander plek stoor kos dit jou seker geld.
Ek is oortuig dat die Goudprys net sal aanhou styg aangesien dit duurder raak om dit te ontgin (dieper myne en minimum lone) en terselftertyd klim die aanvraag vinnig. As jy Krugerrande koop probeer dit direk van Rand Refineries koop want dan betaal jy niks ekstra nie.
Persoonlik hou ek nie baie van versamelmunte nie, seker maar omdat ek niks daarvan weet nie. As jy nie weet watter munte besonders is kan jy maklik jou vingers brand. Dit is waarom ek Kruger rande verkies, jy betaal vir die goud waarde, nie die moontlike versamel waarde nie. Met versamelmunte betaal jy meestal baie meer as die metaalwaarde. Jy betaal dus ekstra omdat dit ‘n nice to have is en moontlik skaars kan raak. As ek munte sou koop is dit vir ‘n belegging en sou ek sommer net Kruger Rande koop en klaarkry, behalwe natuurlik as jy ‘n passie het vir versamelstukke en weet wat jy doen.
Waarmee om te begin?
Hang af wat jy weet, wat jy kan doen en hoeveel geld jy het!
As jy niks weet nie bly my No 1 keuse MLM. Dit is die enigste ding waar iemand wat niks weet
kan geld maak as hy regtig wil.
As jy weet hoe om webtuistes te bou en jy het geld om dit aan die gang te kry sou ek sê ‘n kombinasie van
adsense en affiliate bemarking is die beste. Jy kan geld maak sonder om kliente te werf of iets te verkoop, jou hardste werk is om besoekers op jou webtuiste te kry.
As jy baie geld het sou ek nie twee keer dink om sommer net ‘n klomp van die regte tiepe verhuringseiendomme te gaan koop en my huurinkomste te geniet nie. Doen net eers jou huiswerk en gaan deurloop ‘n eiendomsbeleggingskursus of twee sodat jy kan leer wat die regte tiepe eiendom is.
Hoop dit help
Groete
Pieter


Hi Pieter,
Interesante blog wat jy het, ek sal graag op jou blog wil adverteer as jy vir my kan se’ hoeveel maandelikse besoekers jou blog kry.
Gerhard, ek is bly jy het aan die gang gekom. Daar is twee goed wat jou ranking kan verbeter, 1. Kwaliteit inligting en 2. meer webtuistes wat na jou webtuiste link.
Hi Pieter
Ek het in Februarie jou e-boek gekoop en ook ‘n .ws website gekry, maar was nie baie beindruk met die website nie. Dankie, jou boek het my baie geleer en dit is die heel eerste ding waarmee ek begin het. Ek het nou hierdie blog met wordpress soos hierbo(http://blogging-blog.com). Ek probeer dit nou hoog gelys kry in google sodat ek die gevoel kan kry hoe om dit te doen. Ek het intussen ‘n klomp goed gekoop en ook ‘n klomp gratis gekry waarmee ek probeer om die PR op te kry. Is daar iets wat jy kan voorstel om vinniger resultate te kry behalwe adwords?
Groete
Gerhard